скачать книгу бесплатно
Vincent het by die kombuistafel gesit. Sy blink semi-outomatiese geweer het voor hom op die tafel gelê.
Jackie het nie geskreeu nie. Sy het net ‘n verskrikte asem ingetrek en gevries toe sy Vincent sien, toe het sy haar kamerjas se bokant saam getrek. Die gevoel van onder die mat wees het erger geword.
“Wat doen jy hier?” het sy gevra.
Vincent het na die stoel oorkant hom gewys.
“Sit. Ons gaan praat.”
Jackie het gesê. “Uit, nou, of ek bel die polisie.”
“Reik na die foon en jy sal dood wees voor jy daaraan raak,” het Vincent geantwoord van onder sy lae wenkbroue. “Dan sal ek hier sit en wag totdat die kreupeles en vertraagdes huis toe kom, en ek sal hulle almal ook vermoor. Jy wil regtig nie met my rondfok hieroor nie, katjie.” Hy het weer na die stoel gewys. “Gaan sit, nou!”
Die kleur het uit Jackie se gesig dreineer met elke woord wat hy gesê het totdat sy nou heel bleek was. Toe Vincent sê sy moet gaan sit, het sy amper gespring. Woordeloos het sy gaan sit.
Vincent het geknik en gesê, “Dankie. Wat ek wil weet, Jacqueline Belew, is maklik. Hoe kies jy jou kaartjie dat jy elke keer wen? Het jy een of ander sisteem of iets?”
Jackie, wat gewonder het hoe hierdie man uitgevind het oor haar geskenk, het probeer om haar weg deur te bluf. “Kyk, dit was ‘n raaiskoot met die honderd doller. Ek het geen idee gehad nie ...”
“Verseker het jy nie,” het Vincent haar in die rede geval. “Net soos jy geen idee gehad het oor die vyf honderd doller wat jy in jou beursie gesteek het nie ... of die drie honderd nou die dag nie. Of die groot geluk by die resies nie.” Hy het vorentoe geleun en in haar oë gekyk. Terwyl hy vooroor leun het hy die pistool opgetel en ‘n rondte in die magasyn gelaai. “Wil jy weer probeer?”
Jackie het gesmeek, “Ek weet regtig nie waarvan u praat nie, meneer. Ek weet u het gewen ...”
Vincent het die geweer na haar gesig gewys. “Jy het tyd tot ek by drie getel het. Dan sterf jy.” Hy het gehuiwer. “Een.”
“Meneer, Ek het nie...” ‘n Traan het teen haar gesig afgerol.
“Twee.”
“Hoekom doen u dit?” het sy gegil.
Die spiere in Vincent se hand het begin saam trek in afwagting vir die terugslag. Jackie het dit gesien.
“Dr...,” het Vincent begin.
“Ek het ‘n gawe!” het Jackie gegil, en half uit die stoel begin opstaan. “Ek kan die wenner uitwys van enige spel van kans!”
“Hoe?” het Vincent gevra. Sy geweer het nooit van haar gesig weggedraai nie.
Jackie het weer gaan sit en haar hande oor haar gesig gehou. “Ek kan dit in my gedagtes sien,” het sy tussen haar vingers deur gesê. “Waar ook al kans deel van ‘n gebeurtenis is, kan ek die uitkoms sien.”
Vincent het haar vir ‘n oomblik bestudeer. Toe het hy geknik asof hy ‘n besluit gemaak het, en die geweer op die tafel neer gesit. “Wys my,” het hy vir haar gesê.
Sy het deur haar vingers na hom gekyk. “Wat?”
“Wys my,” het hy herhaal.
Jackie het deur die kombuis gekyk, en toe na Vincent. “Hoe?”
Vincent het sy skouers opgehaal. “Het jy ‘n pak kaarte?”
“Ja, ek dink die kinders het ...,” het sy gesê, gretig om te behaag. Sy het begin opstaan om dit te gaan haal, maar Vincent het sy hand opgelig.
“Vertel my waar die kaarte is. Ek sal dit kry,” het hy kragtig gesê.
Jackie het weer gaan sit. “Natuurlik. Dis in die boonste laai daar.” Sy het gewys na die toonbank.
Vincent kon die laai bereik sonder om op te staan. Hy het sy ander hand op die geweer gehou terwyl hy oorleun, die laai oopmaak en die pak kaarte uithaal.
Jackie se gedagtes het haar vertel om saam te speel vir nou – daar was geen veilige manier hieruit nie. Sy hoop sy leef om weer die kinders te sien.
Vincent het intussen die boksie oopgemaak, die kaarte uitgehaal en dit begin skommel.
“Oukei Jackie,” het hy empaties gesê. “Ons gaan ‘n bietjie een-en-twintig speel. Blackjack. Ek raai jy weet hoe om dit te speel?”
Jackie het geknik.
Vincent het een kaart, gesig na onder, vir elkeen uitgedeel, toe een kaart gesig na bo. Jackie se kaart was ‘n vier. Vincent se kaart was ‘n vyf. Jackie het geloer na haar hele kaart. Dit was ‘n twee.
“Gee nog,” het sy gesê.
Vincent het haar nog ‘n kaart, gesig na bo, gegee. ‘n Twee.
“Weer,” het sy gesê.
Nog ‘n twee.
“Weer.”
‘n Aas.
“Ek sal bly,” het sy stil gesê. Omdat ‘n aas kan of een of elf wees, het sy elf gekies. Dit gee haar ‘n een-en-twintig.
Vincent het na sy heel kaart gekyk. ‘n Agt. Hy het een geneem.
‘n Koningin.
Uitgevang.
Hy het sy kaarte gevou en hulle na kant van die tafel toe gegooi. Jackie het haar heel kaart omgedraai om te wys sy in elk geval gewen het, en het ook haar kaarte eenkant neergesit.
Vincent het weer gedeel, twee omgedraai en twee na bo gedraai. Jackie se na bo gedraaide kaarte was ‘n vyf. Vincent s’n was ‘n sewe. Haar heel kaart was ‘n koning en syne ‘n ses.
Hy het na haar gekyk. Sy het gesorg dat sy haar gesig uitdrukkingloos hou.
“Ek sal hierdie speel,” het Jackie gesê.
Vincent het sy een kaart omgedraai.
Tien van harte.
Weer uitgevang.
Hulle het al die pad deur die pak kaarte gespeel. Vincent het nie een rondte gewen nie.
“Miskien,” het hy gesê. “kon dit geluk gewees het ... of jy kon die kaarte getel het of iets.”
Jackie het niks gesê nie, en het net na hom gekyk.
“Oukei, hier is wat ons gaan doen, katjie,” het hy gesê en vir homself geknik. “Gaan trek aan. Ons gaan inkopies doen.”
***
VINCENT HET BY DIE eerste geriefswinkel wat hy raakgesien het gestop. Jackie het gekrimp omdat sy by geleentheid besoeke by die winkel afgelê het vir die kinders. Sy het het nog nooit lotery kaartjies hier gekoop nie omdat sy nie wou aandag trek op haarself so naby haar huis nie.
“Hier is wat gaan gebeur,” het Vincent gesê. “Jy gaan jou ding doen met die krapkaarte. Enigiets met ‘n uitbetaling van ‘n honderd of meer sal ons koop. Niks meer as tien van enige krap kaart nie, want ... ons wil geld maak, nie spandeer nie. Verstaan?”
Jackie het teruggetrokke geknik.
“Hei, as dit jou beter sal laat voel, dit is die enigste winkel wat ons vandag sal besoek. Hoe klink dit? Dan kan jy betyds terug wees by die huis om die ‘vertraagdes’ te ontmoet,” het Vincent vrolik gesê.
Sy het opgekyk en Vincent aangegluur. ‘n Storm beskermings woede het deur haar gevloei en sy het gesê, “Moet hulle nie so noem nie.” Jackie het haar kop geskud en stil maar kragtig gesê, “Moet hulle nooit so noem nie.”
Vincent was oppad om haar deur die mond te slaan toe hy haar in die oë kyk. Hy het geskrik toe hy die indigo flits sien. In stede het hy geknik. “Oukei, Jackie. Jy maak die geld en ek sal hulle noem net wat jy wil hê ek moet.” Hy het die kar deur oopgemaak. “Kom, laat ons gaan.”
Jackie het afgekyk na die paneelbord. Waar het dit vandaan gekom, Jackie? Sy het haar kop geskud. Hou so aan en jy kry beide jouself en die kinders vermoor! Sy het die deur oopgemaak en uitgeklim. Maar... Ek is die een met die gawe. Ek is die goue gans. Dis vir my wat hulle wil hê moet geld maak vir hulle. So ek sal vir hulle geld maak....en uitkyk vir my kans. Sy en Vincent het die winkel ingestap.
Meeste van die tyd wanneer Jackie na hierdie winkel toe kom, bring sy die kinders saam met haar. Die winkel was binne loop afstand vir hulle almal en die oefening het hulle almal goed gedoen, plus die winkel het ‘n Baskin-Robbins roomys afdeling binne en die tafels vir klante om te sit en eet. Hulle sal dan almal roomys kry en dit by die winkel eet voordat hulle weer terugloop huis toe. Soms sal ‘n reënstorm hulle bekruip nadat hulle gearriveer het ... en die winkel bestuurder, Steve Bell, sal dan aandring dat al die kinders in sy minibus inklim sodat hy hulle kan huis toe neem.
So, natuurlik was Steve agter die toonbank.
Vincent was ‘n vreemdeling vir Steve. Vincent het nog nie enige besigheid met hierdie vestiging gedoen nie ... ‘n situasie wat hy gou sal regstel.
Terwyl Vincent se oë die winkel deurkyk vir potensiële beskerming, het Steve opgekyk en die paar gesien. ‘n Bekommerde trek het oor sy gesig verskyn toe hy Vincent sien, maar het verdwyn toe hy Jackie sien.
“Haai Jackie!” het Steve gesê. “Lekker dag is dit nie?”
Jackie het geknik. “Verseker Steve.”
“Enigiets waarmee ek kan help?” het hy gevra terwyl hy na Vincent loer.
Jackie het die loer gesien en begin bekommerd raak. “Nee Steve, ek is net hier om ‘n paar krapkaarte te kry. Gee ons ‘n minuut, sal jy?”
Steve het geknik. “Seker. Skree wanneer jy reg is.”
“Dankie,” het Jackie geantwoord. Sy het vinnig na Vincent geloer. Natuurlik het hy dit gesien.
Hy het nader aan haar beweeg en in haar oor gefluister. “Ek het nie gehou van daardie klein kykie nie. Moenie enigiets doen wat daardie man vermoor gaan kry nie. Capice?”
Jackie het hard aan haar vrees gesluk maar het geknik.
“Mooi. Doen nou jou ding en laat ons hier uit wees,” het Vincent gefluister.
Jackie het gehuiwer. “Hoeveel wenners wil jy hê?”
“Almal, tot by nommer tien in die pak.”
Jackie het haar oë toegemaak en begin om haar vingers oor die plexiglas te trek, eers die een ry, dan die volgende, totdat sy almal deurgewerk het. Sy het haar oë oopgemaak en na Vincent gekyk.
“Kry jou geld reg. Hier is ‘n paar,” het sy hom vertel.
Vincent het geknik. “Ek het dit.”
Jackie het diep asem ingetrek. “Steve, kan jy gou hiernatoe kom?”
***
TOE VINCENT JACKIE uit die winkel uit lei, het hy driehonderd twee en negentig doller spandeer. Jackie het die wenners verskaf van ‘n totaal van vyf duisend, twee honderd sewe en dertig doller.
Terwyl hy haar huis toe neem, het Vincent by homself gedink daar geen manier was wat sy base haar onder hulle beheer gaan laat uitkom nie.
Вы ознакомились с фрагментом книги.
Для бесплатного чтения открыта только часть текста.
Приобретайте полный текст книги у нашего партнера: